Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 10:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My broers, ek wil hê dat julle moet weet dat ons vaders almal onder die wolk was

2. almal deur Moshe ingedoop is in die wolk en in die see,Eks 16:4-36

3. almal dieselfde geestelike kos geëet hetEks 17:1-7; Ps 105:41 en die Rots was Die Gesalfde Een.

4. en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’n geestelike Rots wat saam met hulle wasNum 14:27-38; Num 26:63-65

5. Nogtans was God met die meeste van hulle nie tevrede nie, want hulle het geval in die wildernis.

6. Hierdie dinge is ’n voorbeeld vir ons dat ons nie begerig moet wees na boosheid soos hulle begeer het nieEks 32:6

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 10