Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 5:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Wees waaksaam en wakker, want julle vyand, die teëstander, brul soos ’n leeu en loop rond en soek wie hy kan verslind.Ya’a 4:7 terwyl julle vasstaan in vertroue en weet dat julle broers oor die wêreld dieselfde lyding ondergaan.

9. Staan daarom teen hom

10. Die God van onverdiende guns, wat ons geroep het tot Sy ewige Gemanifesteerde Teenwoordigheid deur Yeshua, Die Gesalfde Een; Hy wat vir ons gee terwyl ons hierdie klein bietjie smart vir ’n kort tydjie ly, om bekragtig, bevestig en vas te word in Hom tot in ewigheid;

11. aan Hom die eer, lof, aanbidding en die krag vir ’n tydlose ewigheid! Dit is waar.

12. Hierdie paar dinge het ek gedink om aan julle, deur Silas, te skryf, van wie ek oortuig is dat hy ’n vertrouenswaardige broer is en ek getuig dat hierdie die ware onverdiende guns van God is waarin julle staan.

13. Die gekose gemeente in Bavel en Markos, my seun, groet julle.

14. Groet mekaar met ’n afgesonderde soen van liefde. Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle almal wat in Die Gesalfde Een is! Dit is waar!

Lees volledige hoofstuk 1 Kefa 5