Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 4:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Laat elkeen van julle sy naaste met die geestelike gawe wat hy ontvang het, dien soos goeie hoofde van die unieke huis van onverdiende guns van God.

11. As iemand praat, laat dit wees volgens die woorde van God; as iemand dien, laat dit wees vanuit die krag wat God hom gee sodat God in alles wat julle doen geëer, geloof en aanbid kan word deur Yeshua, Die Gesalfde Een, aan Wie die eer, lof, grootheid en krag toekom vir ’n tydlose ewigheid. Dit is waar.

12. Julle vir wie ek lief is, verbaas julle nie oor die toetsinge wat oor julle kom, asof iets vreemds met julle gebeur nie, want dit is tot julle toetsing,

13. maar verheug julle daarin dat julle deel aan die lyding van Die Gesalfde Een, want net so sal julle jul ook verheug in die openbaring van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid en spring van vreugde.Mat 5:11

14. As julle beledig word oor die Outoriteit en Karakter van Die Gesalfde Een, is julle gelukkig omdat die Gees van eer, lof en aanbidding van God op julle rus,

15. solank niemand van julle as moordenaar, dief of boosdoener ly nie.

16. As een egter as ’n volgeling van Die Gesalfde Een ly, moet hy hom nie skaam nie, maar laat hom God daardeur loof in hierdie Karakter en Outoriteit (Naam),

17. want dit is tyd dat die oordeel moet begin by die huis van God. As dit egter by ons begin, wat sal die gevolg wees vir dié wat nie oortuig is van die goeie boodskap van God nie?Spr 11:31 waar sal die bose en sondaar gevind word?

18. As die onskuldige skaars kan lewe,

19. As gevolg hiervan, laat die wat volgens die wil van God ly, hulle gees aan Hom toevertrou deur goeie dade, soos aan ’n vertrouenswaardige Skepper.

Lees volledige hoofstuk 1 Kefa 4