Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 3:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Net so moet julle, vroue, gehoorsaam wees aan jul eie mans sodat die wat nie die boodskap gehoorsaam nie, deur jou mooi lewenswyse, sonder inspanning, gewen kan word

2. wanneer hulle sien dat julle respekvol, met oorleg en goeie oordeel optree.Spr 31:30

3. Julle versiering moenie uiterlik wees nie: vlegsels in julle hare, juweliersware van goud of fyn klere nie,

4. maar wees versier in die geheime van die gedagtes, wil en emosie van die mens, in die onverganklike versiering van ’n nederige gees wat baie kosbaar is voor God,

5. want net só het ook die afgesonderde vroue, wat ’n versekerde verwagting in God gehad het, vroeër hulleself versier en hulle was gehoorsaam aan hulle eie mans,Gen 18:12 genoem het, wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen bedreiging vrees nie.

6. soos wat Sarah gehoorsaam was aan Avraham en hom ‘my meester’

7. Julle, manne, moet op díé manier met hulle saamleef: met kennis en hulle as swakkeres met eer behandel omdat julle ook mede-erfgename van die geskenk van ewige lewe is sodat julle nie in julle gebede mag struikel nie.

8. Die slotsom is dat almal van julle in harmonie met mekaar moet wees; ly saam met die wat ly, wees lief vir mekaar en wees vol liefdevolle omgee en nederigheid.

9. Vergeld geen persoon kwaad met kwaad of beledigings met beledigings nie, maar inteendeel, in plaas van hierdie dinge, wees ’n seën, want hiervoor is julle geroep sodat julle die seën kan erf.Ps 34:14; Ps 39:2; Ps 141:3

10. Wie ook al daarom die lewe begeer en lief is om goeie dae te sien, laat hom sy tong weerhou van wat boos is en sy lippe moet geen bedrog praat nie.

11. Hy moet wegdraai van wat boos is en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag,Ps 34:13-17

Lees volledige hoofstuk 1 Kefa 3