hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Gooi daarom alle boosheid, alle misleiding, bevooroordeeldheid, afguns en alle kwaadpratery af.Heb 5:13,14

2. Verlang sterk, soos babas wat nog drink, na die suiwer en geestelike melk van die boodskap, waardeur julle sterk kan groei vir die lewe,Ps 34:9

3. as julle geproe en gesien het dat יהוה goed is;

4. Hy na Wie julle naderkom, die Lewende Steen, wat deur die mense verwerp is, maar deur God gekies en kosbaar is.Rom 12:1; Heb 12:28; Open 1:6; Open 5:10

5. Julle word net so as lewende stene opgebou en julle het ’n geestelike tempel en afgesonderde priesters geword, om geestelike offers te bring wat vir God aanvaarbaar is deur Yeshua, Die Gesalfde Een.Yes 28:16; Rom 9:33

6. Dit word gesê in die Skrifte: “Let op, Ek lê in Tziyon ’n goedgekeurde en kosbare Hoeksteen en die wat in Hom vertrou, sal nooit beskaam word nie.”

7. Vir die wat aanhou vertrou, is hierdie eer gegee, maar vir die wat nie vertrou nieYes 8:14 en hulle struikel daaroor deurdat hulle nie die boodskap gehoorsaam nie, want hiervoor is hulle aangestel.

8. is Hy: “’n Klip van struikeling en ’n Rots van aanstoot”Yes 43:20 om te dien as priestersYes 61:6; Open 1:6; Open 20:6 in die Koninkryk, ’n afgesonderde volk,Eks 19:6 bymekaargemaak en bevry, om die lofprysinge van Hom, wat julle uit die duisternis geroep het, te verkondig tot Sy wonderlike lig,

9. Julle is ’n gekose nasie,Hos 2:25; Rom 9:25

10. julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; vir wie niemand omgegee het nie, maar nou word omgee oor julle uitgestort.

11. Julle vir wie ek liefhet, ek versoek julle, as tydelike bewoners en vreemdelinge, om julle te onthóu van vleeslike begeertes wat baklei teen die gees

12. en laat julle manier van lewe onder al die mense mooi wees sodat hulle wat van julle kwaad praat, julle goeie dade kan sien en God kan eer, loof en aanbid in die dag van beoordeling.Yir 29:7; Mat 22:19-21; Rom 13:1-7; 1 Tim 2:2; Tit 3:1

13. Wees dan ondergeskik aan alle mense ter wille van God; aan konings, as gevolg van hulle outoriteit;

14. aan regters, want hulle is vanaf Hom gestuur om kwaaddoeners te straf en om die wat goed doen, te prys,

15. want só is dit die wil van God: dat julle deur goed te doen, die monde van dwase mense sal stilmaak

16. soos vrymense en nie soos hulle wat die vryheid as ’n verskoning vir die boosheid gebruik nie, maar soos slawe van God.

17. Julle moet almal eer, die broers liefhê, God respekvol vrees en die koning eer.

18. Huisbediendes, wees aan julle meesters gehoorsaam met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en sag is nie, maar ook aan die harde en bose,

19. want daar is onverdiende guns vir iemand as hy, ter wille van sy gewete voor God, leed verdra wat van die Bose een af kom,

20. want watter eer is daar as julle verdra wanneer julle as gevolg van dwaasheid verkeerd doen en geslaan word? As julle egter verdra wanneer julle goed doen en ly, dan word julle eer en lof voor God opgelig,

21. want hiertoe is julle geroep omdat Die Gesalfde Een ook in julle plek gesterf en vir julle ’n voorbeeld nagelaat het sodat julle in Sy voetspore kan volg.Yes 53:9 en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;

22. Hy wat geen sonde gedoen het nie

23. Hy wat beledig is en nie beledig het nie; Hy het gely en niemand gedreig nie, maar het Sy oordeel oorgegee aan Hom wat regverdig oordeel;Yes 53:4,12 in Sy liggaam op die kruishoutDeut 21:22,23 opgelig en as ons dood is aan sondes, sal ons in Sy onpartydige opregtheid lewe. Deur Sy wonde is julle gesond gemaak,Yes 53:5

24. Hy het al ons sondesYes 53:6

25. want julle was soos verdwaalde skape, maar nou het julle teruggedraai na die Skaapwagter en Omgeegewer van julle lewe.