Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 1:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. As julle jul op Hom as Vader beroep, wat onpartydig oordeel volgens elkeen se dade, leef dan in respekvolle vrees gedurende dié tyd wat julle vreemdelinge isYes 52:3

18. omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle leë dade wat tradisioneel deur die vaders oorgedra is nie,

19. maar deur die kosbare bloed van die Lam, waarin geen gebrek of vlek is nie, wat Die Gesalfde Een is,

20. wat wel voor die tyd hiervoor aangestel is, voor die vorming van die wêreld, maar in hierdie laaste tye openbaar is, om julle ontwil.

21. Julle, wat deur Hom, in God, wat Hom uit die dood uit opgewek en aan Hom eer, lof en aanbidding gegee het, vertrou het sodat julle vertroue en versekerde verwagting in God kan wees,

22. soos julle lewens afgesonder sal word in gehoorsaamheid aan die waarheid en gevul word met liefde, sonder aanneming van ’n persoon sodat julle mekaar sal liefhê uit ’n skoon en volmaakte verstand, wil en emosie,Yog 3:3; Ya’a 1:18 nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die Lewende Boodskap van God, wat tot in ewigheid bly,

23. soos mense wat van bo af gebore is,

24. want alle vlees is soos gras en al die eer en lof van die mens soos ’n veldblom. Die gras verdor en die blom val af,Yes 40:6-8 en dit wat Hy gesê het, is die goeie boodskap wat aan julle verkondig is.

25. maar die woorde van ons God bly tot in ewigheid

Lees volledige hoofstuk 1 Kefa 1