Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 1:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Kefa, ’n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die gekoses en die pelgrims, wat verstrooid is in Pontos, Galatia, Kappadokia, Asië en Bithunia;

2. hulle wat gekies is volgens die voorkennis van God-die-Vader, deur die afsondering van die Gees sodat hulle sal wees tot gehoorsaamheid en tot besprinkeling met die bloed van Yeshua, Die Gesalfde Een: onverdiende guns en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid word vermenigvuldig vir julle!

3. Geseënd is God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat in Sy groot omgee vir ons die geboorte gegee het van bo af, deur die opstanding van Yeshua, Die Gesalfde Een, uit die dood, tot die versekerde verwagting van lewe

4. en tot ’n erfenis wat nie vernietig, besoedel of verwelk word nie, wat in die hemel vir julle voorberei word

5. terwyl julle deur die krag van God en vertroue in stand gehou word vir dié lewens wat gereed is om openbaar te word in die laaste tyd.

6. Lewens waarin julle jul vir ewig sal verheug, alhoewel julle, vir ’n kort tydjie, moeg gemaak word deur allerhande versoekings wat skielik oor julle kom

7. sodat die egtheid van julle vertroue, wat baie kosbaarder is as fyn goud, wat vergaan, maar deur vuur gesuiwer word, gewys mag word as prysenswaardig, kosbaar en tot eer, lof en grootheid by die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een;

8. Hy vir Wie julle nie gesien het nie en Hom liefhet en deur Sy vertroue julle verbly met ’n heerlike blydskap wat nie uitgespreek word nie

9. sodat julle die einddoel van julle vertroue, die redding van julle gees, kan ontvang.

Lees volledige hoofstuk 1 Kefa 1