hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6 Die Boodskap (DB)

Pas op vir borg staan

1. As jy vir iemand borg gestaan het, is jy dom. Jy het ’n groot geldlas op jouself gelaai.

2. As jy ’n ooreenkoms te maklik gemaak het, jou handtekening te vinnig op papier geplaas het, is jy dom. Deur jou woorde en dade word jy gevang. Jy word ’n gevangene van harde besigheidsmense.

3. Probeer so vinnig moontlik uit hierdie knyptang kom.

4. Moenie eens gaan slaap nie. Steek jou trots in jou sak en gaan praat dadelik met daardie mense. Pleit. Soebat. Veg.

5. Hou aan soos ’n wildsbok in ’n strik en ’n voëltjie in ’n voëlvanger se net, totdat jy vry is.

Raad aan lui mense

6. Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk.

7. Sonder ’n baas wat hom moet dryf, ’n toesighouer wat sy vordering moet dophou of ’n bestuurder wat sy program moet reël, werk hy dag en nag.

8. Sonder enige druk begin die miertjie al in die somer kos vir die winter opgaar. Tydens oestyd werk hy dag en nag om kos in die landerye te versamel en huis toe te dra.

9. Luiaard, hoe lank gaan jy nog so sit en niksdoen? Of tot watter tyd in die oggend lê en slaap?

10. Jy sal nog laat by die werk aankom, daar rondsit of lyf wegsteek, dan roep die baas jou. Jy kan jou werk verloor.

11. Dan sluip die armoede jou lewe so ongemerk binne soos ’n skelm. Jy sal nie ’n verhoging kry nie. Dan sal armoede jou lewe so ernstig bedreig soos ’n gewapende man.

Pas op vir die glibberige soort

12. Daar is ’n mens aan wie jy net nooit ’n vat kan kry nie. Hy praat nou sus en later so. Sy woorde is bedrieglik.

13. Jy kan nooit daarop peil trek nie. Met die trek van sy oë, die geskuifel van sy voete en die wys van sy vingers lei hy mense om die bos.

14. In sy hart bedink hy heeltyd skelm planne. Waar hy is, is daar altyd rusie.

15. ’n Skielike ramp sal hom nog tref. In ’n oogwink sal hy byna vernietig word. Hy sal nooit weer regkom nie.

Onthou ses, nee, sewe dinge

16. Kyk, daar is ses dinge waarvan die Here niks hou nie, sewe dinge wat Hy haat.

17. Oë wat hoogmoed weerkaats, ’n tong wat leuens vertel,

18. ’n hand wat ander se ondergang bewerk, ’n hart wat net slegte dinge dink, voete wat haastig na die kwaad toe hardloop,

19. ’n vals mens wat na elke asemteug net leuens uitasem, en ’n rusverstoorder wat die liefde tussen mense wegvat.

Owerspel bring net ellende

20. Jongman, jou ouers se opvoeding is belangrik. Hou vas aan die reëls wat jy by jou pa gekry het. En jou ma se lesse moet jy nooit vergeet nie.

21. Dink gedurig daaraan sodat jy dit nooit sal vergeet nie. Of hang dit soos ’n hangertjie om jou nek sodat jy dit altyd sal onthou.

22. Jou ouers se opvoeding sal jou help om gelukkig te leef. Wanneer jy gaan slaap, sal hierdie lewenswyshede jou nie verlaat nie. As jy wakker word, sal dit jou weer opnuut wys hoe om reg te leef.

23. Lesse oor die lewe is soos ’n lamp. ’n Goeie opvoeding is soos ’n lig wat jou wys hoe om reg te leef. Dissipline is die deur tot ’n beter en gelukkiger lewe.

24. Al hierdie spreuke moet jou teen ’n gevaarlike vrou se verleiding beskerm, jou teen haar sappige en verleidelike woorde oppas.

25. Moenie deur haar mooi lyf oorweldig word nie. En moenie dat haar mond en oë jou verlei nie.

26. Vir ’n prostituut is kos- en huurgeld voldoende betaling. Vir die vrou van ’n ander man gaan jy egter met jou lewe betaal.

27. Om by iemand te slaap met wie jy nie getroud is nie, is gevaarlik. Kan ’n mens ’n vlam teen jou druk sonder dat jou klere brand?

28. Kan ’n mens oor gloeiende kole loop sonder dat jou voete verbrand?

29. Wie ontoelaatbare seks met iemand anders se vrou het, speel met vuur. Iemand wat so iets doen, gaan in groot moeilikheid beland.

30. As ’n dief steel om sy hongerkrampe te stil, dink hy hy het ’n goeie rede.

31. Maar as hy gevang word, moet hy alles teruggee. Hy moet ook vir alle skade betaal.

32. Geen man of vrou wat rondslaap, sal ook die skuld van hulle daad kan ontglip nie. Wie by iemand anders se vrou slaap, is baie dom. Hy vernietig homself en alles wat vir hom dierbaar is.

33. Hy sal verneder word en groot skade ly. Niemand sal hom vergewe nie, veral nie die vrou se man nie.

34. Haar man se jaloesie sal hom rasend maak. Hy sal wraak neem.

35. Geen bedrag om die saak te skik of ’n groot geskenk sal hom tevrede stel nie.