Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:9-23 Die Boodskap (DB)

9. sodat jy tog nie jou mooi liggaam vir ’n ander een gee wat dit nie eens waardeer nie, sodat jy nie jou eer by iemand verloor wat jou nie eens respekteer nie,

10. sodat vreemdes nie jou geld, waarvoor jy hard gewerk het, uitmors nie.

11. As jy nie versigtig leef nie, kan jy sommer ernstig siek word. Op jou sterfbed sal jy dan van die pyn skreeu omdat jou liggaam deur siekte vernietig word.

12. Jy sal ook hartseer wees. Jy sal besef dit tref jou omdat jy nie na goeie raad wou luister nie.

13. Jy sal jouself begin verwyt omdat jy nie na jou ouers en baie ander wyse mense geluister het nie.

14. Jou gedrag maak dat jy dan voor die hele gemeente en al die gelowiges verneder word.

15. Wees eerder lief vir jou eie vrou. Drink van jou eie put en van jou eie fonteinwater. Laat joune joune alleen wees.

16-17. Moet dit nooit met vreemdes deel nie. Geniet die vrou van jou jeug. Laat sy jou verkwik, haar liefde jou vol vreugde maak.

18-20. En as jy soveel vreugde by jou eie vrou geniet, waarom nog die omhelsing van ’n los vrou soek? Wat kan sy jou gee wat jou eie vrou nie kan nie?

21. Elkeen van ons se lewe lê oop voor die Here. Hy ken ons doen en late.

22. Verkeerde dade vang ’n mens in aaklige strikke vas. Sonde is soos ’n tou wat jou so vasbind dat jy nooit weer los kan kom nie.

23. Uiteindelik sterf jy omdat jy sonder dissipline geleef het. Jou dwase optrede sal jou jou lewe kos.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5