Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:4-13 Die Boodskap (DB)

4. Na die opwinding bly daar egter net ’n bitter nasmaak oor. Haar bitter woorde is dan erger as gal, soos ’n skerp swaard wat jou wil verwoes.

5. Haar manier van leef maak mense geestelik dood. Sy vernietig jongmans se lewe.

6. Sy steur haar glad nie aan ’n gelukkige lewenstyl nie. Sy leef ’n lewe van totale ondergang.

7. Jong vriend, luister na my woorde. Doen dit.

8. Bly weg van so ’n vrou af. Moenie eens naby haar huis se deur kom nie,

9. sodat jy tog nie jou mooi liggaam vir ’n ander een gee wat dit nie eens waardeer nie, sodat jy nie jou eer by iemand verloor wat jou nie eens respekteer nie,

10. sodat vreemdes nie jou geld, waarvoor jy hard gewerk het, uitmors nie.

11. As jy nie versigtig leef nie, kan jy sommer ernstig siek word. Op jou sterfbed sal jy dan van die pyn skreeu omdat jou liggaam deur siekte vernietig word.

12. Jy sal ook hartseer wees. Jy sal besef dit tref jou omdat jy nie na goeie raad wou luister nie.

13. Jy sal jouself begin verwyt omdat jy nie na jou ouers en baie ander wyse mense geluister het nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5