Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:4-14 Die Boodskap (DB)

4. My pa het my van die lewe vertel en gesê: “Bêre my woorde in jou hart. Dink altyd daaroor na. Dan sal jy werklik gelukkig leef.

5. “Doen jou bes om elke dag meer wysheid en insig te kry. Moet tog nooit my woorde verwerp nie.

6. “Moenie lewenswysheid los soos ’n slegte man partykeer ’n vrou los nie. Wees lief daarvoor soos ’n goeie man sy vrou liefhet. Dan sal jy reg leef.

7. “’n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.

8. “Leef die Spreukeboek se wysheid uit. Lees dit elke dag en dit sal met jou goed gaan. Omhels dit soos ’n vrou, en jy sal soveel vreugde ontvang.

9. “Spreuke se wysheid sal jou help om jou lewe so mooi soos ’n pragtige kledingstuk te maak, jou lewenstyl soos klere wat almal raaksien en bewonder.”

10. Jong vriend, ek het jou nou die weg na ’n wonderlike lewe gewys, jou vertel hoe ’n gelowige moet leef. Aanvaar dit nou.

11. Dan sal jy jare van groot lewensvreugde smaak.

12. Omdat ’n mens so maklik kan struikel en die verkeerde kan doen, moet jy tog vashou aan hierdie reëls wat ek jou leer.

13. Oordink dit, want dit kan vir jou ’n goeie lewe vol vreugde verseker.

14. Moet tog nie soos slegte mense leef of soos hulle raak nie. Bly uit hulle pad uit.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4