Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:19-28 Die Boodskap (DB)

19. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy doen wat sy moet doen.

20. Vir die armes gee sy kos en die behoeftiges help sy.

21. As die winter kom, voel sy gerus. Sy weet haar gesin het genoeg warm klere vir die koue.

22. Baie van die mooi goed in haar huis het sy self gemaak. Haar pragtige klere is ook handgemaak.

23. Omdat sy so bekwaam is, word haar man ook geëer. Almal ken hom. As hy by belangrike mense is, weet hulle wie hy is.

24. Met vaardigheid maak sy klere en verkoop dit. Mense koop graag haar handewerk.

25. Sy is geestelik sterk en tree altyd waardig op. Vir die toekoms is sy nie bang nie.

26. Haar wyse woorde help ander om reg te leef. Sy het goeie raad vir ’n gelukkige lewe.

27. Sy is in volle beheer van haar huishouding. Luiheid ken sy nie.

28. Haar kinders is dankbaar vir so ’n ma. Haar man oorlaai haar met komplimente.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31