Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:1-11 Die Boodskap (DB)

1. Hier volg nou die woorde van koning Lemuel van Massa se ma:

2. My kind, wat sal ek vir jou sê? Jy wat ek in die lewe gebring het. Jy, my gebedskind, wat ek van die Here afgesmeek het.

3. Luister mooi wat ek vir jou wil sê: Moenie jou liggaam vir ’n los vrou gee nie. Moenie dat sy jou lewe vernietig nie. Sulke vroue bring konings tot ’n val.

4. Pas op vir te veel wyn. Dit pas nie by ’n koning nie. Mense wat regeer, moet nie heeltyd na drank ruik nie.

5. Netnou drink hulle te veel en vergeet hulle hulle pligte. Kort voor lank dink hulle nie meer aan die arm mense wat hulle moet help nie.

6. Gee eerder ’n bietjie drank aan mense wat op hulle laaste is, wyn aan hulle met wie dit bitter sleg gaan.

7. Laat hulle drink sodat hulle hulle ellende kan vergeet, sodat hulle nie meer aan hulle swaarkry dink nie.

8. Help liewer die mense wat nie self hulle saak kan stel nie. Wees jy hulle stem. Kom op vir die hulpeloses.

9. Sê jou sê sodat die regte dinge kan gebeur. Sorg jy vir die armes en die onderdruktes.

10. Wie ’n goeie vrou het, het iemand wat baie kosbaar is. Sy is baie meer werd as die duurste juwele.

11. Haar man reken op haar en sy beteken baie vir hom. Haar hele lewe lank is sy goed vir hom.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31