Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:18-29 Die Boodskap (DB)

18. Daar is drie dinge wat net te wonderlik is om te verstaan, vier wat ek hoegenaamd nie kan begryp nie:

19. die gemak waarmee ’n arend in die lug rondvlieg; die manier waarop ’n slang geruisloos oor ’n rots seil; die manier waarop ’n skip op die oop see ronddryf, en die liefde van ’n man vir ’n vrou.

20. ’n Los vrou verontskuldig haarself altyd. Sy is soos iemand wat skelm eet, haar mond afvee en dan sê sy het niks verkeerds gedoen nie.

21. Daar is drie dinge wat ’n land op die randjie van ’n afgrond bring, vier wat hom heeltemal kan verwoes:

22. die skoonmaker wat president word; ’n dom mens wat hom net vol eet, maar niks wil doen nie;

23. ’n vrou wat nie liefde ken nie en dan tog ’n man kry; ’n werkster in ’n lae rang wat sommer die baas word.

24. Daar is vier diertjies wat baie klein is, maar buitengewoon slim is:

25. miere is nie juis baie sterk nie, maar hulle weet baie goed dat hulle in die somer kos vir die winter moet wegbêre;

26. klipdassies is ook nie sterk nie, maar hulle het dit tog reggekry om in rotsskeure te bly;

27. sprinkane het nie ’n koning nie, maar hulle tree gedurig soos een man op, en

28. akkedisse is so klein, jy kan hulle sommer met jou hand optel, maar hulle weet presies hoe om in die duurste huise van die rykste mense te kom.

29. Daar is drie dinge wat indruk maak, vier wat ’n mens altyd sal onthou:

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30