Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Die woorde van Agur, die seun van Jake, van Massa. Dit is belangrike woorde aan Itiël en Ukal.

2. Ek is dom. Ek weet net mooi niks nie.

3. Ek het nooit gaan leer nie. Van die Allerheiligste weet ek te min.

4. Wie kan die Here deurgrond? Wie het al hemel toe gegaan en teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken. Wie het al die wind met sy hande teruggehou? Wie kan al die waters van die see met sy klere opskep? Wie ken die afmetings van die aarde? As jy so ’n persoon ken, sê my wat sy naam is. Vertel my ook wat sy seun se naam is.

5. Elke woord van die Here is waar. Jy kan daarop reken. Wie by Hom wegkruip, is veilig. Hy beskerm elkeen.

6. Moenie die Here se woorde verdraai of verkeerd uitlê nie. Hy sal jou straf en die mense sal nie meer na jou luister nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30