Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:23-28 Die Boodskap (DB)

23. Wie die moed het om mense mooi op hulle foute te wys word meer gerespekteer as iemand wat hulle net heeltyd vlei.

24. Wie sy ouers uitbuit en nie daaroor skuldig voel nie, is soos ’n dief wat vir niemand omgee nie.

25. Iemand wat net aan homself dink en net homself verryk, maak mense woedend. Hulle wil niks met hom te doen hê nie. Wie op die Here vertrou, is ryk en voorspoedig.

26. Iemand wat net op sy eie insigte vertrou, is dom. Wie die spreuke ernstig opneem, spaar homself baie ellende.

27. Wie vir die armes omgee, sal nooit swaarkry nie. Wie blind is vir hulle ellende, sal self baie swaarkry.

28. Wanneer ’n diktator aan bewind kom, maak goeie burgers hulle uit die voete. Wanneer ’n bose regering van die toneel verdwyn, kan gelowiges weer die mag oorneem.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28