Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:1-7 Die Boodskap (DB)

1. ’n Goeie naam is beter as geld. Ander se liefde is kosbaarder as groot rykdom.

2. Ryk en arm kan ook saamwoon. Die Here het hulle immers albei geskep.

3. ’n Slim mens weet wanneer gevaar dreig. Hy weet hoe om dit te vermy. ’n Dom mens ken nie die lewe nie. Hy sukkel maar net aan.

4. Mense wat die Here liefhet en nederig lewe, geniet respek en die goeie dinge van die lewe.

5. Verkeerde dinge lyk mooi, maar die uiteinde is bitter. ’n Wyse bly ver weg van sulke dinge af.

6. Leer ’n kind vroeg hoe om te leef en hy sal tot sy oudag toe reg leef.

7. ’n Ryke heers oor die armes wat hom geld vra. ’n Lener is die slaaf van die een by wie hy leen.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22