Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:18-30 Die Boodskap (DB)

18. Goeie planne kan ook op vergaderings gemaak word. Voordat jy iets aanpak, vra eers raad. Beplan dan fyn.

19. Wie loop en skinder, lap ander se geheime uit. Vermy praatkouse en skinderpraatjies.

20. Wie sy pa en sy ma seermaak of vloek, kwyn weg. God verwerp hom.

21. Wie te vroeg op sy erfporsie aandring, het niks vir sy oudag nie.

22. Moenie jou wreek oor kwaad wat jou aangedoen is nie. Los dit liewer vir die Here. Hy sal jou help.

23. Die Here haat kullery, winkels wat swak produkte ten duurste verkoop, firmas wat mense uitbuit.

24. Niemand weet wat môre gaan gebeur nie. Wie egter naby die Here leef, sal weet wat om te doen.

25. Pas op wat jy vir die Here sê. Moenie in nood iets aan Hom beloof wat jy nie kan doen nie.

26. ’n Sterk leier vat bedrieërs vas. Hy stop wanpraktyke en straf korrupsie.

27. Denke is ’n gawe van die Here. Dit is soos ’n lig op ons pad. Dit help ons om onsself te verstaan. Dit help ons om die regte dinge te doen en te sê.

28. Goedheid en getrouheid is ’n leier se behoud. So lank as wat hy vir ander omgee, sal hy regeer.

29. Fisieke krag is ’n jongman se trots. ’n Gryskop se krag is sy kennis van die lewe.

30. ’n Pak op sy tyd verrig wondere. Dit laat ’n kind besluit om sy nonsens te stop.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20