Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 18:15-24 Die Boodskap (DB)

15. ’n Slim mens smag na wysheid. Hy luister graag na raad sodat hy reg kan leef.

16. ’n Geskenk bring ’n mens ver. Respek vir ander maak jou gewild.

17. In die hof klink die eerste getuie se verhaal altyd oortuigend. Onder kruisverhoor sing hy gou ’n ander deuntjie.

18. Partykeer moet ’n tussenganger ’n saak tussen mense besleg. As sy beslissing aanvaar word, kom daar vrede tussen die strydendes.

19. Iemand wat in ’n rusie seergekry het, onttrek hom aan ander. Tussen hom en hulle is daar ’n ysterhek.

20. Woorde moet tot dade lei. Baie praat sonder resultate is frustrerend.

21. Saampraat en saamdink het baie voordele.

22. Wie ’n geskikte lewensmaat vind, moet haar nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit is ’n teken van die Here se liefde vir jou.

23. ’n Arme moet hom altyd verneder om iets te vra. Smekend moet hy sy saak stel. ’n Ryke het niks nodig nie. Hy jak die arme sommer maklik af.

24. In tye van nood leer jy jou vriende ken. Sommige praat net, maar doen niks nie. Ander sal alles vir jou doen. Hulle is nader aan jou as ’n broer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 18