Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 18:1-11 Die Boodskap (DB)

1. ’n Selfsugtige mens wat net vir homself leef, soek altyd na ’n rede om die rug vir sy mense te draai.

2. ’n Dwaas gee absoluut niks om vir die regte manier van leef nie. Sy mond is altyd vol oor ander mense.

3. Pas op vir slegte mense. Almal verag en verstoot hulle. Vriendskap met hulle bring skuldgevoelens.

4. ’n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad.

5. Dit is verskriklik wanneer ’n skuldige vrygespreek word. Nog erger is dit as ’n gelowige onskuldig aangekla word.

6. ’n Dwaas raak die vreeslikste goed oor ander kwyt. Dit maak mense woedend. Hulle wil later niks met hom te doen hê nie.

7. ’n Dwaas se ondergang is sy mond. Hy praat te veel en skinder oor almal en vertel ’n spul leuens. Naderhand verstoot almal hom.

8. Skinder is soos ’n stukkie sjokolade. Dit is lekker. ’n Mens kan nie ophou eet nie. Almal wil daarvan hê. Te veel maak ’n mens siek.

9. Wie laat kom by die werk, vroeg loop, baie rondloop, lang teetye neem en afskeepwerk doen, bewerk sy eie ondergang. Hy kan sy werk verloor en sy familie kan ly.

10. Die Here is soos ’n sterk gebou. In swaar tye kan gelowiges by Hom gaan wegkruip. By Hom is hulle veilig.

11. Ryk mense dink dat geld alles is, dat dit hulle teen gevare sal beskerm. Wie so dink, leef in ’n gekkeparadys.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 18