Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:7-18 Die Boodskap (DB)

7. As die Here iemand liefhet, sal sy vyande dit raaksien. Hulle sal op goeie voet met hom wil wees.

8. Liewer eerlik wees en min besit as ’n sak vol geld wat oneerlik verkry is.

9. Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.

10. Eerlike regters is vir die Here belangrik. Hulle moet regverdige beslissings lewer.

11. Winkeleienaars en kafeebase moenie mense uitbuit nie. Die Here haat ’n kullery.

12. Leiers moet korrupsie met wortel en tak uitroei. Goeie leiers is altyd eerlik.

13. ’n Leier moet die waarheid liefhê. Vir eerlike mense moet hy respek hê.

14. ’n Woedende baas kan jou groot ellende veroorsaak. Tree altyd kalm op. So sal jy ’n moeilike situasie goed kan hanteer.

15. Wie in die baas se goeie boekies is, kan goeie dinge verwag. Sy guns kan vir jou baie beteken.

16. Om reg te leef is baie meer werd as goud. Wie weet hoe om elke dag gelukkig te lewe is ryker as die rykste mense.

17. Wie die Here volg, bly uit die moeilikheid. Wie gelukkig wil wees, sal versigtig leef.

18. Wie dink hy is beter as ander, word verneder. Trots lei tot ondergang.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16