Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:29-33 Die Boodskap (DB)

29. ’n Hartelose mens gee vir niemand om nie. Selfs sy beste vriend maak hy seer.

30. Wie skelmpies vir ander knipoog, beplan iets verkeerds. Wie met sy hand op sy mond sit, swyg oor wat verkeerd is.

31. Iemand wat lewenslank naby aan die Here geleef het, se oudag is mooi.

32. Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges.

33. ’n Mens wik en weeg. God sê egter die laaste woord.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16