Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:24-32 Die Boodskap (DB)

24. Mooi woorde is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet. Goed vir die liggaam.

25. Soms lyk ’n lewenstyl goed en reg. Uiteindelik bring dit net ellende.

26. Om te leef moet jy werk. Honger laat ’n mens werk soek.

27. Iemand wat nie wil werk nie, is sleg. Al wat hy doen, is om verkeerde dinge te beplan. Sy woorde vernietig mense se lewens.

28. Mense wat ompaaie met die waarheid loop, veroorsaak oral rusie. ’n Skindertong vernietig mooi vriendskappe.

29. ’n Hartelose mens gee vir niemand om nie. Selfs sy beste vriend maak hy seer.

30. Wie skelmpies vir ander knipoog, beplan iets verkeerds. Wie met sy hand op sy mond sit, swyg oor wat verkeerd is.

31. Iemand wat lewenslank naby aan die Here geleef het, se oudag is mooi.

32. Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16