Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 2:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Die boodskap van die Here aan die mense van Juda is dat hulle bymekaar moet kom en moet bid. Hulle is eintlik ’n nuttelose klomp mense sonder enige skaamte.

2. Julle moet bymekaarkom voordat die Here julle sal straf soos Hy besluit het om te doen. Julle moet dit doen voordat sy woede julle tref en die tyd kom dat Hy julle soos kaf wegwaai omdat Hy kwaad is.

3. Daar is van julle wat nederige mense is en graag doen wat reg is. Die beste ding wat julle kan doen, is om uit te vind wat die Here wil hê julle moet doen. As julle probeer om regverdig op te tree en nederig te bly, sal die Here julle miskien teen sy woede beskerm wanneer die tyd aanbreek dat Hy mense gaan straf.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 2