Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 4:10 Die Boodskap (DB)

Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie. Die mense sal rede hê om bly te wees as hulle sien dat Serubbabel met die bouwerk aangaan. Om weer tot die droom van die kandelaar terug te kom: die engel het verduidelik: “Die sewe lampe is soos die oë van die Here wat die hele wêreld deursoek.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 4

Kyk Sagaria 4:10 in konteks