Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 12:8-14 Die Boodskap (DB)

8. Na Jefta het Ibsan uit Betlehem die leier van Israel geword.

9. Hy het 30 seuns en 30 dogters gehad. Hy het toegelaat dat sy dogters met mans trou wat nie deel van hulle stam was nie, en vir sy seuns het hy vroue van buite sy stam laat kom om met hulle te trou. Ibsan was sewe jaar lank Israel se leier.

10. Met sy dood is hy in Betlehem begrawe.

11. Na hom was Elon uit Sebulon tien jaar lank Israel se leier.

12. Na sy dood is Elon in Ajalon in die gebied van Sebulon begrawe.

13. Na hom het Hillel se seun Abdon Israel se leier geword. Hy was afkomstig uit Piraton.

14. Hy het 40 seuns en 30 kleinseuns gehad. Hulle het 70 donkies gehad waarop hulle gery het. Hy was agt jaar lank die leier van Israel.

Lees volledige hoofstuk Rigters 12