Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 1:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Na Josua se dood het die Israeliete vir die Here gevra: “Watter stam moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?”

2. Die Here sê toe: “Stuur vir Juda, want Ek gee die land vir hulle.”

3. Toe sê Juda se leiers vir hulle familie uit die stam van Simeon: “Kom veg saam met ons teen die Kanaäniete wat in die gebied bly wat ons gekry het om in te woon. Dan sal ons julle weer help om julle gebied in te neem.” Hulle is toe saam daar weg om te gaan oorlog maak.

4-5. Met die Here se krag het hulle die Kanaäniete en die Feresiete verslaan. By Besek het hulle teen koning Adoni-Besek geveg en 10 000 van sy soldate doodgemaak.

6. Hy het probeer ontsnap, maar hulle het hom agternagesit. Toe hulle hom vang, het hulle sy duime en sy groottone afgesny.

Lees volledige hoofstuk Rigters 1