Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 8:2-10 Die Boodskap (DB)

2. Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is.Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring.

3. Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin,deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms.U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word.

4. As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan,melkwegstelsels en miljoene sterre,snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om?

5. En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie!Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik.

6. U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is;U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde.

7. U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het.

8-9. Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse.

10. Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!

Lees volledige hoofstuk Psalms 8