Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 52:7-11 Die Boodskap (DB)

7. Maar God sal jou jou verdiende loon gee.Hy sal jou uit jou blyplek pluk en jy sal in die dood beland.

8. Die mense wat doen wat God vra, sal dit sien en vol ontsag vir God wees.Hulle sal lekker vir jou lag en spottend sê:

9. “Kyk wat gebeur met iemand wat sonder God wil leef.Hy het gedink geld kan vir hom alles koop.Hy het sterk geword deur ander te vernietig.”

10. Maar ek is by God. Daar is ek soos ’n boom wat welig groei.Ek weet God sal altyd na my omsien. Hy sal vir my sorg.

11. Ek sal altyd vir U met my hele hart dankie sê vir alles wat U vir my doen.U is so wonderlik goed vir my.Saam met u kinders sal ek U loof.

Lees volledige hoofstuk Psalms 52