Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:1-11 Die Boodskap (DB)

1. God, die Here, wat alles kan doen wat Hy wil, praat. Hy alleen is God.Hy roep die hele wêreld nader. Almal moet na Hom luister.

2. Sion is ’n ongelooflike mooi stad.Daar verskyn God soos ’n verblindende lig.

3. Ons God kom. Hy bly nie stil nie.Dit is of ’n storm rondom Hom losbreeken ’n vuur alles voor Hom wegbrand.

4. Hy roep almal in die hemel en op aarde nader om te hoor wat Hy van sy volk gaan sê. Hy gaan sy volk oordeel.

5. “Maak die mense bymekaar wat My so getrou dien.Ons het mos ’n ooreenkoms met mekaar.”

6. Almal in die hemel stem saam: “God doen altyd wat reg is, ook as Hy mense oordeel.”

7. “My mense, luister. Ek wil vir julle sê wat Ek teen julle het. Ek getuig teen julle. Ek is God, julle God.

8. Ek is nie ongelukkig omdat julle nie vir My geskenke bring nie. Ek onthou altyd julle offers. Dis nie daaroor dat Ek rekenskap van julle eis nie.

9. Ek het nie julle bokke of beeste nodig wat julle so offer nie. Alles behoort in elk geval aan My.

10. Daar is duisende wilde diere wat Myne is.Ja, al die beeste wat jy op die berge sien wei, behoort aan My.

11. Die voëls wat vlieg en die diertjies wat in die veld kruip, is almal Myne.

Lees volledige hoofstuk Psalms 50