Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:2-7 Die Boodskap (DB)

2. Luister, luister! Maak oop julle ore, alle mense wat op aarde woon.

3. Julle almal, ryk en arm, moet nou mooi luister. Niemand is uitgesluit nie.

4. Ek wil vir julle wyse dinge sê wat vertel dat ek groot insig het.

5. Ek het goed nagedink oor wat ek nou vir julle sê;op die maat van musiek praat ek met julle oor God se geheime.

6. Hoekom sal ek bang wees wanneer skelm mense my lewe bedreig?

7. Hoekom sal ek omgekrap wees as geldgierige mense my probeer te kort doen? Hulle spog oor hulle baie skatte. Hulle vertrou op hulle besittings om hulle te red.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49