Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:12-21 Die Boodskap (DB)

12. Hulle nuwe adres: die dood! Daar trek hulle nooit weer weg nie.Niemand leef vir altyd nie, al het so ’n mens ook baie eiendom besit.

13. Nie eens die grootste rykdom verseker ’n lang lewe nie.Op die ou end gaan ons almal dood, net soos die diere in die veld.

14. Die dood wag vir mense wat op hulleself vertrou, vir mense wat baie van hulleself dink.

15. Soos ’n klomp skape storm hulle agter die dood aan. Die dood pas hulle op.In die doderyk verdwyn hulle binne ’n sekonde.Al wat van hulle oorbly, is ’n verlate grafsteen êrens in ’n begraafplaas. Niks bly oor van alles waarop hulle vertrou het nie.

16. Ek glo dat God my nooit in die kloue van die dood sal laat beland nie.Hy sal my daar uithaal en reguit na Hom toe vat.

17. Hoekom dan bekommerd wees oor ryk mense, as hulle al meer kry?

18. Al hulle geld bly hier agter as hulle die dag doodgaan. Hulle vat niks saam nie.

19. Wat help dit dat hulle die hele wêreld aan hulle voete het met hulle baie geld? Wat help dit dat jy bly is oor al jou voorspoed, of ons mense jou prys oor jy so goed is?

20. Op die ou end stap hulle met leë hande uit hierdie wêreld uit.Net soos almal voor hulle gaan hulle dood.En in die graf sien hulle nooit weer die lig nie.

21. Ryk mense wat nie die Here dien nie, is dom.Hulle sal soos diere doodgaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49