Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 46:4-12 Die Boodskap (DB)

4. Al druis en skuim die see, en al skud dit die berge heen en weer.

5. Die vloei van ’n waterstroom bring vreugde in die Godstad.God self bly daar.

6. Daarom sal niks slegs dit kan tref nie.Voor hulp nog nodig is, het God reeds gehelp.

7. Mense is verskrik en sterk regerings bewe.Maar God hoef maar net te praat, dan verkrummel alles letterlik voor Hom.

8. Die Here, vir wie niks onmoontlik is nie, is by ons. Hy is ons groot Bevelvoerder.Die God van Jakob sal ons self beskerm.

9. Kom kyk wat die Here alles op die aarde doen. Dit is verstommend.

10. Hy maak oral ’n einde aan die bakleiery tussen mense.Die wapens waarmee mense oorlog maak, vernietig Hy met vuur.

11. Wees stil en weet Ek is God. Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde.Elke mens sal erken dat Ek die belangrikste is.Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek nie.

12. Die Here, vir wie niks onmoontlik is nie, is by ons. Hy is ons groot Bevelvoerder.Die God op wie Jakob ook vertrou het, sal ons beskerm.

Lees volledige hoofstuk Psalms 46