Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 45:2-8 Die Boodskap (DB)

2. Die pragtigste woorde vloei oor my lippe.Ek lees my gedigte vir die koning.My tong is soos die pen van ’n goeie skrywer.

3. U, o koning, staan uit tussen alle mense.Almal sien u mooi voorkoms raak.As u praat, kan ’n mens altyd luister.God is altyd baie goed vir u.

4. Maak u reg vir die oorlog, dapper vegter.U is so sterk, magtig en belangrik.

5. Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is.Om armes te help en reg op te tree lê u na aan die hart.Ja, u doen magtige dinge.

6. U tref die kol keer op keer; u vyande het nie ’n kans nie.

7. U goddelike koninkryk sal vir altyd daar wees.U regeer regverdig.

8. U hou van wat reg is en haat wat verkeerd is.Daarom het God, u God, u bo almal gekies en as koning aangestel, en almal was baie bly daaroor.

Lees volledige hoofstuk Psalms 45