Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 40:12-18 Die Boodskap (DB)

12. Here, ek weet U sal nie ophou om my met u liefde toe te vou nie.Pas my altyd op. Wees lief vir my.

13. Duisende probleme het my omring. My sondes het my ingehaal.Ek is nou nog toegegooi onder probleme. Ek kan dit nie tel nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Dit maak my heeltemal moedeloos.

14. Here, red my, asseblief. Help my gou, Here!

15. Daar is mense wat my wil doodmaak.Laat hulle skaam kry oor wat hulle doen. Verneder hulle.Laat almal weghardloop wat bly is oor my swaarkry.

16. Hulle moet self voel hoe dit is om in die skande te kom.Hulle lag my mos uit en maak ’n gek van my. Laat hulle stom staan.

17. Almal wat naby U leef, moet opgewonde en bly wees. Laat mense wat weet dat U red, elke dag sê: “Daar is niemand groter as God nie!”

18. Ek is in die moeilikheid. Niemand help my nie. Ek het hulp nodig.Die Here sal my nie vergeet nie. U sal my help. U sal my red.My God, moet asseblief nie langer wag nie!

Lees volledige hoofstuk Psalms 40