Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 38:15-23 Die Boodskap (DB)

15. Ja, ek maak of ek daardie spul glad nie hoor nie.Ek praat nie ’n woord met hulle nie.

16. Ek wag dat U my moet help. Ek vertrou op U.U sal my antwoord, Here, my God.

17. Gee tog dat hulle nie bly is oor my lyding nie.As ek tot ’n val kom, is hulle baie bly daaroor. Hulle dink hulle is beter as ek.

18. Nou kan ek dit nie meer uithou nie, Here! Ek gaan val.Daar is nie ’n oomblik dat my liggaam nie vol pyn is nie.

19. Al my verkeerde dade kom erken ek voor U.Dit pla my dat ek soveel lelike dinge gedoen het.

20. Dit gaan goed met die mense wat my haat. Daar is so baie van hulle.Hulle haat my sonder rede.

21. As ek goed aan hulle doen, steek hulle my in die rug.Hulle spoeg op my omdat ek graag goeie dinge vir ander mense doen.

22. U moet my nie nou alleen los nie, Here! My God, bly by my! Moenie ver weg bly staan nie!

23. Kom help my tog gou, Here. U is die Een wat my red.

Lees volledige hoofstuk Psalms 38