Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:2-7 Die Boodskap (DB)

2. Kom help my teen mense wat my aanval.

3. Keer daardie mense wat agter my aanloop om my tot ’n val te bring. Gee my weer nuwe moed! Sê hard en duidelik vir my: “Ek sal jou red.”Keer daardie spul wat my wil doodmaak. Loop bo-oor hulle.

4. Gee dat al die rampe wat vir my beplan is, hulle tref.Laat hulle skaam kry oor wat hulle aanvang. Laat die mense wat wil hê ek moet val, terugsteier. Laat hulle rooi word van skaamte.

5. U is so sterk, u engel kan hulle van die aarde afvee. Hulle sal soos kaf in die wind verdwyn wanneer U die dag ingryp.

6. Daar moet vir hulle geen toekoms wees nie. Agtervolg hulle deur u engele.

7. Slegte mense wil my sonder rede tot ’n val bring.Ek het niks aan hulle gedoen nie, maar hulle wil my vernietig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 35