Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Here, baklei vir my teen hulle wat met my baklei.Veg teen hulle wat teen my veg.

2. Kom help my teen mense wat my aanval.

3. Keer daardie mense wat agter my aanloop om my tot ’n val te bring. Gee my weer nuwe moed! Sê hard en duidelik vir my: “Ek sal jou red.”Keer daardie spul wat my wil doodmaak. Loop bo-oor hulle.

4. Gee dat al die rampe wat vir my beplan is, hulle tref.Laat hulle skaam kry oor wat hulle aanvang. Laat die mense wat wil hê ek moet val, terugsteier. Laat hulle rooi word van skaamte.

5. U is so sterk, u engel kan hulle van die aarde afvee. Hulle sal soos kaf in die wind verdwyn wanneer U die dag ingryp.

6. Daar moet vir hulle geen toekoms wees nie. Agtervolg hulle deur u engele.

7. Slegte mense wil my sonder rede tot ’n val bring.Ek het niks aan hulle gedoen nie, maar hulle wil my vernietig.

8. Laat ’n ramp hulle skielik tref sonder dat hulle mooi weet wat aan die gang is. Laat die rampe wat hulle vir ander mense beplan, oor hulle kom. Laat hulle self in die gat val wat hulle vir my gegrawe het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 35