Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:7-18 Die Boodskap (DB)

7. Daar is baie mense wat dooie gode aanbid.Daardie gode beteken niks nie.Met sulke mense wil ek niks te doen hê nie.Maar aan die Here sal ek elke dag getrou bly.

8. Ek is opgewonde oor u liefde, want U het my nie alleen gelos toe ek swaargekry het nie. In my nood het U my gehelp. Want U het raakgesien toe ek in die moeilikheid was.

9. U het my gered. U het gesorg dat ek nie ondergaan nie.U het my nie aan die mense wat my haat, uitgelewer nie.

10. Wees goed vir my, Here, want ek is diep in die moeilikheid.Ek is doodmoeg van al die huil. Ek is totaal uitgeput.

11. Ja, ek word al hoe maerder omdat ek my lê en bekommer.Al die swaarkry maak my oud voor my tyd.My moeilikheid laat my kragte afneem sodat ek so maer word.

12. Daar is mense wat my tot ’n val wil bring.Hulle sorg dat almal my uitlag. Mense met wie ek bevriend was, wil niks met my te doen hê nie.Elkeen wat naby my kom, spot met my. Hulle vlug weg sodat hulle my nie hoef te sien nie.

13. Mense maak of ek nie meer bestaan nie. Ek is soos ’n dooie wat besig is om te verrot.

14. Ja, ek het gehoor hoe mense stories oor my loop en vertel.Agteraf maak hulle planne om my dood te maak.Hulle span saam teen my.Hulle wil my doodmaak.

15. Maar ek vertrou op U, Here.Ek sê vir U dat U my God is.

16. U beheer my lewe van begin tot end.Red my van hulle wat niks vir my omgee nie.

17. Help my, Here. Kyk na my kant toe. Wys vir my hoe groot u liefde vir my is.

18. Moet my nie in die steek laat nie, Here, want ek bid dag en nag tot U.Laat hulle wat weier om U te dien, sleg daarvan afkom.Mag hulle van die aarde af verdwyn. Dan sal hulle stem stil word.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31