Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:2-6 Die Boodskap (DB)

2. Here, by U kruip ek weg!Moet my tog nooit in die steek laat nie.Vat my moeilikheid weg van my. U is goed vir almal wat op U vertrou.

3. Hoor as ek roep!Dra my veilig deur my krisis!Bewaar my as ek vra dat U my moet help.Hou my styf vas in u hand. Ek kruip by U weg.

4. By U skuil ek, en U beskerm my.Omdat u Naam op die spel is, sal U my op die regte pad hou.

5. U sal my red uit die kloue van my vyande.U pas my veilig op as ek na U toe kom.

6. Here, my God, ek stel my lewe in u hand.U, Here, is die God wat getrou is om my te verlos.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31