Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 29:4-11 Die Boodskap (DB)

4. As Hy praat, gebeur dit net so ... Wie kan dan teëpraat?Dis die Koning wat daar praat!

5. As die Here praat, is dit soos weerlig wat bome van bo tot onder oopkloof;

6. ja, as Hy praat, laat die dreuning die grootste berge soos jong bokkies rondhuppel.

7. As Hy iets sê, is dit soos die weerlig wat slaan.

8. Sy stem laat die verste woestyne bewe.

9. As Hy praat, skud die groot bome. Sy stem stroop die bosse kaal.In sy oorweldigende teenwoordigheid kan ’n mens net uitroep: “Alle eer behoort aan God alleen!”

10. Die Here regeer oor die geruis van die magtige see, want Hy is koning oor alles.

11. Dit is hierdie Here wat sy volk sterk maak.Dit is hierdie Here wat sy volk omvou met alles wat nodig is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 29