Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 29:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is.Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na sy krag en maak Hom groot.

2. Vertel vir almal hoe belangrik Hy is.Val dan self in aanbidding neer in sy oorweldigende teenwoordigheid.

3. ’n Mens ervaar die teenwoordigheid van die grote God bo die geruis van die magtige see. Sy stem is soos die donder wat daar slaan. Hy heers oor alle magte.

4. As Hy praat, gebeur dit net so ... Wie kan dan teëpraat?Dis die Koning wat daar praat!

5. As die Here praat, is dit soos weerlig wat bome van bo tot onder oopkloof;

6. ja, as Hy praat, laat die dreuning die grootste berge soos jong bokkies rondhuppel.

7. As Hy iets sê, is dit soos die weerlig wat slaan.

8. Sy stem laat die verste woestyne bewe.

9. As Hy praat, skud die groot bome. Sy stem stroop die bosse kaal.In sy oorweldigende teenwoordigheid kan ’n mens net uitroep: “Alle eer behoort aan God alleen!”

Lees volledige hoofstuk Psalms 29