Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:7-14 Die Boodskap (DB)

7. Moet my tog nie straf vir die verkeerde dinge wat ek gedoen het toe ek jonk was nie. Behandel my met liefde en deernis, Here, want U is vol goedheid.

8. Die Here is goed.Hy tree regverdig op.Hy help selfs sondaars om op die regte pad te kom.

9. Mense wat naby Hom leef, leer Hy om reg te leef.

10. Alles wat die Here leer, kan in een sin opgesom word:Hy wil hê dat almal wat in Hom glo, Hom moet liefhê. Hulle moet Hom getrou dien.Al die mense met wie Hy ’n ooreenkoms gesluit het en wat doen wat Hy vra, moet dit doen.

11. U het so ’n groot Naam, Here.Ter wille van u Naam, vergewe tog al my slegte dade. Hulle is so baie.

12. God sal almal wat Hom dien se hand vat en hulle help om die regte keuses te maak.

13. Dan sal hulle die goeie dinge van die lewe in oorvloed geniet.Selfs hulle kinders sal daarin deel hê. Hulle sal in die land bly woon.

14. Die Here maak sy planne net aan hulle bekend wat ontsag vir Hom het.Hy maak sy hart wyd teenoor hulle oop. Hy wys hulle wat sy ooreenkoms met mense is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25