Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Here, ek is heeltemal van U afhanklik. Ek kyk op na U.

2. My God, op U vertrou ek.Moet my tog nie in die steek laat nie.Moenie dat hulle wat U verwerp, my spot nie.

3. Hulle wat op U hoop, sal nooit teleurgesteld wees nie.Maar hulle wat U nie dien nie, sal aan die kortste ent trek.

4. Wees vir my soos ’n onderwyser.Gee my insig sodat ek weet wat U wil hê ek moet doen. Wys my watter pad is die regte pad.

5. Leer my hoe U wil hê ek moet lewe. Laat my op die regte pad loop.U is die God wat my red. Op U vestig ek al my hoop.

6. Here, u liefde en u goedheid kom van altyd af. Dink daaraan dat U vir ons goed was.

7. Moet my tog nie straf vir die verkeerde dinge wat ek gedoen het toe ek jonk was nie. Behandel my met liefde en deernis, Here, want U is vol goedheid.

8. Die Here is goed.Hy tree regverdig op.Hy help selfs sondaars om op die regte pad te kom.

9. Mense wat naby Hom leef, leer Hy om reg te leef.

10. Alles wat die Here leer, kan in een sin opgesom word:Hy wil hê dat almal wat in Hom glo, Hom moet liefhê. Hulle moet Hom getrou dien.Al die mense met wie Hy ’n ooreenkoms gesluit het en wat doen wat Hy vra, moet dit doen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25