Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 24:5-10 Die Boodskap (DB)

5. Vir so iemand sal die Here baie goed wees.God, sy redder, sal sorg dat sy verhouding met Hom reg is.

6. Dit is die mense wat naby die God van Jakob wil wees. Hulle soek na die Here en verlang na sy teenwoordigheid.

7. Poorte, staan gereed en swaai oop,want die magtige Koning wil ingaan. Wees bly daaroor!

8. Wie is hierdie magtige Koning?Dit is die Here. Hy is baie sterk. Niemand kan Hom wen nie. Hy is ’n Held.

9. Poorte, staan gereed en swaai oop,want die magtige Koning wil ingaan. Wees bly daaroor!

10. Wie is Hy presies, hierdie magtige Koning?Dit is die Here. Niemand is sterker as Hy nie.Niemand kan eens naastenby by Hom kers vashou nie. Hy is die Koning.

Lees volledige hoofstuk Psalms 24