Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 24:4-7 Die Boodskap (DB)

4. Iemand wat nie verkeerde dinge doen nieen nog minder daaraan dink, is by die Here welkom;ja, iemand wat nie ander mense kul nie en wie se ja sy ja en wie se nee sy nee is.

5. Vir so iemand sal die Here baie goed wees.God, sy redder, sal sorg dat sy verhouding met Hom reg is.

6. Dit is die mense wat naby die God van Jakob wil wees. Hulle soek na die Here en verlang na sy teenwoordigheid.

7. Poorte, staan gereed en swaai oop,want die magtige Koning wil ingaan. Wees bly daaroor!

Lees volledige hoofstuk Psalms 24