Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:13-18 Die Boodskap (DB)

13. Die goddeloses het geen respek vir U nie.Hulle dink: “God gaan ons nie laat rekenskap doen van al ons slegte dade nie!”

14. Maar U sien mos wat hulle doen. U sien hoe mense te na gekom word.Almal wat deur hulle te kort gedoen word, kom vertel dit vir U.Daardie arme mense wat so swaarkry, gee hulle hartseer in u hande oor.U help mense wie se regte vertrap word. U help mense wat nie ’n pa het nie.

15. Bring ’n einde aan die magspel van die mense wat aanhou om slegte dinge te doen, Here! Moenie dat een verkeerde daad van hulle ongestraf bly nie.

16. Die Here regeer oor die hemel en die aarde vir altyd.Omdat Hy al die mag het, kan die volke nie in hierdie land aanhou bly nie.

17. Here, U hoor alles wat hulpelose mense vir U vra.U gee vir hulle nuwe krag.U hoor as hulle met U praat.

18. U sorg dat mense wat geen regte het nie en onderdruk word, goed behandel word.Daarom hoef niemand bang te wees vir magsbehepte mense nie. God self sal met al die skuldiges afreken.

Lees volledige hoofstuk Psalms 10