Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10:8-17 Die Boodskap (DB)

8. Wie ’n gat vir iemand anders grawe, kan self daarin val. Wie ’n muur afbreek, kan deur ’n slang gepik word.

9. Wie stene losbreek, kan beseer word. Wie hout kap, kan seerkry.

10. As die byl stomp is omdat niemand dit geslyp het nie, moet ’n mens dubbel so hard werk. Wat help wysheid en kundigheid ’n mens nou in sulke gevalle?

11. As die slang eerste byt, is die slangvanger se werk nutteloos. Ook hier help vaardigheid niks.

12. ’n Wyse se woorde is aangenaam om na te luister. ’n Dwaas vernietig homself deur sy woorde.

13. As ’n dwaas begin praat, hoor jy sommer die domheid. Hoe meer hy praat, hoe waansinniger word dit.

14. ’n Dwaas praat aanmekaar, maar niemand weet wat môre of na die dood gaan gebeur nie. Daarom is dit beter om stil te bly.

15. Die dwaas maak hom so moeg met sy gepraat dat hy nie eens die pad huis toe kan kry nie.

16. Dit gaan sleg met die land wie se regeerder ’n kind is en wie se raadgewers vroegdag al begin partytjie hou.

17. Gelukkig is die land wie se koning die regte dinge doen en wie se leiers op die regte tyd met die fees begin en dit met waardigheid en sonder dronkgelag kan vier.

Lees volledige hoofstuk Prediker 10