Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10:16-20 Die Boodskap (DB)

16. Dit gaan sleg met die land wie se regeerder ’n kind is en wie se raadgewers vroegdag al begin partytjie hou.

17. Gelukkig is die land wie se koning die regte dinge doen en wie se leiers op die regte tyd met die fees begin en dit met waardigheid en sonder dronkgelag kan vier.

18. Luiheid veroorsaak dat die dak begin insak en dat dit aanmekaar lek.

19. ’n Fees maak jou gelukkig en wyn beur jou op, maar albei kos geld.

20. Moenie die koning selfs eens in jou gedagtes kritiseer nie. En moenie die magtiges eens in jou slaapkamer slegsê nie, want die voëltjies kan dit dalk hoor en jou woorde aan hulle gaan oorvertel.

Lees volledige hoofstuk Prediker 10