Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10:11-18 Die Boodskap (DB)

11. As die slang eerste byt, is die slangvanger se werk nutteloos. Ook hier help vaardigheid niks.

12. ’n Wyse se woorde is aangenaam om na te luister. ’n Dwaas vernietig homself deur sy woorde.

13. As ’n dwaas begin praat, hoor jy sommer die domheid. Hoe meer hy praat, hoe waansinniger word dit.

14. ’n Dwaas praat aanmekaar, maar niemand weet wat môre of na die dood gaan gebeur nie. Daarom is dit beter om stil te bly.

15. Die dwaas maak hom so moeg met sy gepraat dat hy nie eens die pad huis toe kan kry nie.

16. Dit gaan sleg met die land wie se regeerder ’n kind is en wie se raadgewers vroegdag al begin partytjie hou.

17. Gelukkig is die land wie se koning die regte dinge doen en wie se leiers op die regte tyd met die fees begin en dit met waardigheid en sonder dronkgelag kan vier.

18. Luiheid veroorsaak dat die dak begin insak en dat dit aanmekaar lek.

Lees volledige hoofstuk Prediker 10